NUKLEUS ONDERWYS

Posted on Posted in Home Schooling

Tshwane Home Schoolers Expo is trots om Nukleus Onderwys as deel van die Expo familie te noem.

 

Wie is Nukleus Onderwys? Kom ons vertel jou.

Nukleus Onderwys is ’n nie-winsgewende kurrikulum diensverskaffer wat hom daartoe beywer om ’n hoë standaard diens te lewer aan Afrikaanse leerders in Suid-Afrika. Nukleus Onderwys bestaan reeds 14 jaar en het ’n paar sukses verhale. In 2015-2016 het 2 hardwerkende studente gekwalifiseer vir mediese studie aan die Universiteit van Stellenbosch en Pretoria. Ons top-student het in 2017 uitmuntende punte behaal in haar eindeksamen. Die eindeksamen wat ons leerders skryf, word die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen genoem. Dit is dus dieselfde kwalifikasie wat leerders in Staat- en Privaatskole ontvang en kan leerders wat die kursus suksesvol voltooi, by enige Universiteit in Suid-Afrika kwalifiseer vir verdere studies. Nukleus se werk is uiteengesit volgens die riglyne van die Nasionale kurrikulum wat leerders in staat stel om enige tyd deur die jaar aan te sluit by die wenspan. By Nukleus het ons ’n span gekwalifiseerde onderwysers wat regstaan om jou te help op die weg na sukses.

 

Wat bied Nukleus Onderwys?

  • ’n Kurrikulum van Graad R tot 12
    • Boeke word kwartaalliks aan leerders gestuur.
    • Assesserings word saamgestel deur gekwalifiseerde onderwysers.
    • Merk van assesserings en ’n vorderingsverslag aan die einde van elke module.
  • Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
    • Registrasie by SACAI vanaf Graad 10
    • Portefeuljes word op datum gehou
    • Umalusi sertifikaat na suksesvolle voltooiing van Graad 12.

 

Nukleus Onderwys is CAPS reg?

Ja, Nukleus Onderwys is CAPS reg en 'n Nasionale kurrikulum.

 

Wil jy met Nukleus Onderwys praat?

Bel hulle op 016 931 1727

Web: CLICK HERE

Facebook Page: CLICK HERE

Kom besoek hulle by die Tshwane Homeschoolers Expo - CLICK HERE

 

Hope to see you there!

 

 

Share Buttons

Share on Facebook18Share on Google+0Tweet about this on TwitterShare on LinkedIn0
It's only fair to share...Share on Facebook18Share on Google+0Tweet about this on TwitterShare on LinkedIn0

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *